Die verhale van
NP Barry

Lees nou die nuutste kortverhaal “Gebreekte vlerke”

Romans

Waar liefde eindig

Na tien jaar in die gevangenis, is dokter Zuluika Zuess vry, en haar enigste begeerte is om uit hierdie land, weg van haar verlede se hartseer te vlug, en nooit weer terug te kom nie.

Sy aanvaar die vier maande lang Locum posisie in die Hood gebergtes in Amerika, met die doel om haarself ’n geleentheid te gee om weer te leer hoe om as ’n vry mens saam met ander mense te kan leef, om te gaan vasstel of sy weer kan inpas in ’n vry lewe.

Wanneer dit gedoen is, wil sy terugkom na hierdie land, wil sy die waarheid oopmaak, nie om haarself te verontskuldig oor haar daad nie, sy wil regverdiging kry vir die verlore lewe van hom wat sy so liefgehad het, hy wat so rein was.

Haar soektog bring pyn, bring die waarheid oor die ramp-spoedige nag toe Rudolph dood in die straat gelê het, maar meer, bo alles bring dit die vryheid wat die “gee van vergifnis” en die “ontvang van vergifnis” bring. Dit bring ’n seun soos wat sy en Rudolph kon gehad het in haar lewe, bring dit hoop dat haar moeder haar sal ken en sal liefhê, en moontlik vergifnis en liefde van hom wie sy bo alles liefgekry het.

Waar liefde begin

Dokter Laurie Kilber se lewe word onomkeerbaar verander, die dag wanneer sy by haar huis instap en twee vreemde mans gebukkend oor haar geliefdes vind. Haar oom Louis Olivier, een van die twee mense, wat die totale som van haar gesin uitmaak, lê dood op die vloer en langs hom lê haar pa, Nathan Kilber vasgevang in ’n geweldige epileptiese aanval. Beide Louis en Nathan word beskuldig van die poging tot moord deur Kolonel Johan van Graan op Matthew Townsend agt en twintig jaar gelede vir die verkry van die plase, The Buttress, en Fortress.

Tydens navraag oor die beskuldigings en die voorval agt en twintig jaar gelede by die Suid-Afrikaanse Polisie word dit duidelik dat Kolonel Johan van Graan nie net sy eie agenda bedryf nie, maar dat hy ’n gevaarlike manipuleerder is wat nie sal stop totdat hy gekry het waarna hy soek nie.

Laurie smokkel haar pa uit die land na sy besef sy kan nie op die polisie of die regstelsel staatmaak om haar pa se onskuld te bewys nie, en besluit om self agter die waarheid te kom van wat agt en twintig jaar gelede gebeur het om hom van jare se vervolging en moontlik tronkstraf te vrywaar.

Die oopmaak van die verlede, bring herinneringe van ’n vergete kleintyd, en diepe ontnugtering en pyn vir Laurie en Matthew. Hulle gaan op ’n soektog na die verlede want albei weet, sonder die waarheid sal daar nooit weer vrede en geluk vir hulle wees nie.